Madrid

Madrid

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Spanje Spanje
 Administratiewe gewes Madrid
 Koördinate 40°25′N 03°42′W / 40.417°N 3.700°W / 40.417; -3.700
 Stigting 9de eeu[1]
 Oppervlakte:  
 - Totaal 604,31 vk km
 Hoogte bo seevlak 650 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2018) 3 223 334
 - Bevolkingsdigtheid 5 300/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester José Luis
Martínez-Almeida (PP)
 Amptelike webwerf madrid.es

Madrid (Spaans: [maˈðɾið], ) is die hoofstad van Spanje en die Outonome Gewes Madrid met 'n oppervlak van 604 vierkante kilometer en is met 3,22 miljoen inwoners die tweede grootste stad in die Europese UnieBerlyn. Die metropolitaanse gebied van Madrid (Comunidad de Madrid) het 'n oppervlakte van sowat 8 000 vierkante kilometer en 'n bevolking van 6,3 miljoen.

Nasa-Satellietbeeld van Madrid
Kaart van Madrid

Madrid lê teen die Manzanares-rivier in 'n uitgestrekte vlakte sowat vyftig kilometer suid van die bergreeks Sierra de Guadarrama, in die geografiese sentrum van die Iberiese Skiereiland.

Madrid is die historiese hoofstad van die Spaanse wêreldryk en die huidige politieke en kulturele sentrum van Spanje en sy finansiële en handelsentrum. Madrid dien as die setel van die Spaanse monargie en regering. Alhoewel die stad oor 'n hoogs moderne infrastruktuur beskik, het dit baie van sy historiese stadsbuurte, strate en geboue bewaar. Sy bekendste besienswaardighede sluit die reusagtige Koninklike Paleis van Madrid, die Teatro Royal (die Koninklike Skouburg) met sy gerestoureerde operahuis uit die jaar 1850, die Buen Retiro-park (gestig in 1631), die indrukwekkende 19de-eeuse gebou van die Nasionale Biblioteek van Spanje (gestig in 1712), 'n internasionaal bekende argeologiese museum en drie eersterangse kunsmuseums in: Die Prado-museum, wat een van die uitstekendste kunsversamelings ter wêreld huisves; die Museo Nacional Centro de Arte Reina Sofia, wat die moderne kuns behandel, en die Thyssen-Bornemisza-museum in die gerenoveerde Villahermosa-paleis.

Madrid is daarnaas ook die setel van 'n aartsbiskop, belangrike administratiewe en militêre instellings, ses universiteite en 'n aantal ander tersiêre instellings, die Internasionale Toerisme-organisasie (OMT), talle teaters, museums en kulturele instellings. Die Koninklike Paleis van Madrid, die Koninklike Klooster van San Lorenzo de El Escorial en die Prado-museum is die belangrikste in 'n lang lys van besienswaardighede.

  1. (en) "History of Madrid". Madrid Traveller. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2014. Besoek op 27 Augustus 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search